Settings
Light Theme
Dark Theme
Podcast Cover

Goosenomics

  • Jong Afrikaner | Onderhoud reeks | Steve Hofmeyr

    29 APR 2020 · In die eerste episode van die Jong Afrikaner onderhoud reeks praat ons met die koning van Afrikaans Steve Hofmeyr. Steve praat oor die media wat Afrikaners probeer uitmaak as rassiste, en hoe jong mense nie geflous moet word deur hulle narratief nie. Verder gesels ons oor die probleme wat oor die afgelope 26 jaar in die kultuur ingekruip het, sowel as die oplossings wat jong mense kan toepas in hul daaglikse lewens. Steve se sy hoop lê in die jeug, en dat hy trots is om die vaandel van die kultuur oor te handig aan ons. Volg my op: Twitter: ⭕Goosenomics: https://twitter.com/goosenomics ⭕Ruan Goosen: https://twitter.com/ruangoos Telegram: ⭕t.me/goosenomics
    36m 2s
  • Jong Afrikaner| Identiteit: Die Wit-pil | Goosenomics Ep. 12

    19 APR 2020 · In die vorige episode het Ruan gepraat oor die “Swart-pil”probleme waarmee die jeug vandag sukkel. Maar in die 12de episode van die Goosenomics Podcast bespreek Ruan hoe die Afrikaner-jeug die toekoms moet benader van ‘n “Wit-pil” perspektief af. Die Wit-pil kan opgesom word as ‘n manier om hoop in ‘n somber situasie te kry. As mens die Wit-pil sluk dan besluit jy om te veg vir ‘n beter toekoms al is die kanse van sukses skraal. Ruan gebruik die Wit-pil analogie om vir jong Afrikaners te verduidelik hoe om aksie te neem in ‘n tyd van swaarkry. Laastens kan jong Afrikaners die Wit-pil filosofie gebruik om hedendaagse Afrikaner helde te word, deur die gewig van die wereld op hul skouers te plaas en verantwoordelikheid te neem vir hul probleme, en dus die toekoms in hul eie hande te neem.
    21m 12s
  • Jong Afrikaner| Identiteit: Die Swart-pil | Goosenomics Ep. 11

    27 FEB 2020 · In die 11de episode van die Goosenomics Podcast bespreek Ruan een van die belangrikste onderwerpe onder die jeug vandag, Identiteit. Oor die afgelope paar dekades het daar 'n leemte ontstaan in die Afrikaner identiteit. Indien die leemte in aangespreek word nie, lê daar 'n somber toekoms voor vir jong Afrikaners. 'n Swart-pil toekoms. Daar is interne en eksterne faktore wat bygedra het tot hierdie leemte. Dié faktore sluit in, die Sosialistiese beleide van die ANC, die hedendaagse oppervlakkige "Brandewyn en Braaivleis" - kultuur en die indringende aard van die Liberale Amerikaanse kultuur. Ter afsluiting beklemtoon Ruan hoe belangrik dit is vir jong Afrikaners om dié bogenoemde faktore ter harte te neem, sodat ons generasie met oplossings tevore kan kom.
    22m 52s
  • Jong Afrikaner: Inleiding | Goosenomics Ep.10

    18 FEB 2020 · In die 10de episode van Goosenomics stel Ruan ʼn nuwe reeks bekend met die naam “Jong Afrikaner nou wat nou”. Die reeks handel oor die probleme wat jong Afrikaners in die gesig staar in die nuwe Suid-Afrika en probeer om met volhoubare oplossings vorendag te kom. Die reeks fokus spesifiek op die identiteit krisis wat die Afrikaner-kultuur huidiglik ervaar, deur om dieper te delf in die eksterne en interne faktore wat daarnatoe gelei het.
    6m 5s
  • Sosialisme vs Kapitalisme (deel 3) | Goosenomics Ep. 9

    19 DEC 2019 · In die vierde episode van die Goosenomics ekonomie reeks begin Ruan deur sy persoonlike filosofie te verduidelik en hoekom hy nie inkoop in die huidige hoofstroom narratief nie. Verder word die filosofiese verskille tussen Sosialisme en Kapitalisme bespreek. Sosialisme is gebaseer op “Utalitarianism” wat behels dat mens eers ʼn paar eiers moet breek om ʼn lekker koek te bak, waar Kapitalisme gegrond is in idees van individuele vryheid en die afwesigheid van Staats dwang. Maar hoe pas die teorie in die werklikheid ? Luister maar tot aan die einde om uit te vind... Volg Goosenomics op Twitter: https://twitter.com/goosenomics
    24m 21s
  • Sosialisme vs Kapitalisme (deel 2) | Goosenomics Ep. 8

    14 DEC 2019 · In die derde episode van die Goosenomics ekonomie reeks bespreek Ruan verder die verskille tussen Sosialisme en Kapitalisme. Die voorbeeld van die potlood word gebruik om om die ekonomiese verskil tussen die twee sisteme te beklemtoon. Mark seine is die hoeksteen van die vrye mark, in Kapitalisme bepaal vraag en aanbod die mark seine. In ʼn sosialistiese sisteem word hierdie mark seine onderbreek, dit beteken die sentrale sosialistiese regering moet bereken wat die vraag en aanbod van die gemeenskap is. Volg my op twitter: https://twitter.com/RuanGoosen4 of https://twitter.com/goosenomics
    19m 47s
  • Sosialisme vs Kapitalisme (deel 1) | Ep. 7

    9 DEC 2019 · In die tweede episode van die Goosenomics ekonomie reeks bespreek Ruan die grootste ideologiese debat van ons tyd. Die stryd tussen Sosialisme vs Kapitalisme. Hierdie debat is breedvoerig en speel af op drie vlakke van logika naamlik ekonomies, polities en filosofies. In die episode lê ons die grondwerk vir die mini-reeks wat gaan handel oor die debat en ons begin raak aan die ekonomiese argumente. Vir meer Goosenomics, volg die skakels hieronder: Apple: https://tinyurl.com/y6t7eu69 Spotify: https://tinyurl.com/y6j4vebg Google Podcasts: https://tinyurl.com/y632sq8s Castbox: https://tinyurl.com/y2lku4g8 YouTube: https://tinyurl.com/y34orqxh Twitter: https://twitter.com/goosenomics
    15m 31s
  • Wat is geld ? | Ep. 6

    3 DEC 2019 · In episode 6 skop Ruan met 'n nuwe ekonomie reeks af, met die doel om sin te probeer maak van hierdie deurmekaar wêreld. Die eerste episode van die reeks handel oor geld. Geld is 'n sosiale verskynsel wat handel vergemaklik, maar is dit al? Ruan praat oor Milton Friedman se Ysland van Jap voorbeeld, sowel as ander voorbeelde waar geld 'n integrale rol in die mens se lewe speel, en dus die moderne samelewing bymekaar hou. Vir meer Goosenomics, volg die skakels hieronder: Apple: https://tinyurl.com/y6t7eu69 Spotify: https://tinyurl.com/y6j4vebg Google Podcasts: https://tinyurl.com/y632sq8s Castbox: https://tinyurl.com/y2lku4g8 YouTube: https://tinyurl.com/y34orqxh Twitter: https://twitter.com/goosenomics
    23m 20s
  • Die nuwe paradigma ... | Ep. 4

    15 OCT 2019 · Wat het die 19 jarige Gavrilo Princip, die 12 jarige Erasmus Jacobs en 56 jarige Flip Buys ingemeen? Hulle het al drie direk bygedra tot ‘n nuwe paradigma in hul verskeie omstandighede. Hoe kom ek tot by hierdie gevolgtrekking? Luister gerus en vind self uit. Vir meer Goosenomics, volg die skakels hieronder: Apple: https://tinyurl.com/y6t7eu69 Spotify: https://tinyurl.com/y6j4vebg Google Podcasts: https://tinyurl.com/y632sq8s Castbox: https://tinyurl.com/y2lku4g8 YouTube: https://tinyurl.com/y34orqxh Twitter: https://twitter.com/goosenomics
    15m 17s
  • Die Linkse Pil of die Self Doen Pil. Wat kies jy? | Ep. 3

    7 OCT 2019 · ʼn Paar klein data punte het die afgelope paar weke in die Suid Afrikaanse nuus geakkumuleer. SABC bailout, Tito se groot plan, DA identiteit krisis, rassisme in die Bok span en die Solidariteit toekoms beraad. Op die oog af het hierdie gebeure nie veel met mekaar te doen nie, maar as mens na die makro prentjie kyk dan is daar beslis ʼn patroon wat vorm. Vir meer Goosenomics, volg die skakels hieronder: Spotify: https://tinyurl.com/y6j4vebg Google Podcasts: https://tinyurl.com/y632sq8s Castbox: https://tinyurl.com/y2lku4g8 YouTube: https://tinyurl.com/y34orqxh Twitter: https://twitter.com/goosenomics
    15m 23s

Goosenomics is weeklikse podsending wat aktuele sake uit die invalshoek van 'n vrygebore Suid-Afrikaner benader. Hier praat ons vryheid, economie, politiek, filosofie en vele meer. Kom praat saam. Volg die...

show more
Goosenomics is weeklikse podsending wat aktuele sake uit die invalshoek van 'n vrygebore Suid-Afrikaner benader. Hier praat ons vryheid, economie, politiek, filosofie en vele meer. Kom praat saam.

Volg die pret:

Webtuiste: http://www.podmedia.org.za/goosenomics
Twitter: https://twitter.com/goosenomics
Spotify: https://tinyurl.com/y6j4vebg
Castbox: https://tinyurl.com/y2lku4g8
show less
Information
Author Podmedia
Categories Business
Website -
Email -

Looks like you don't have any active episode

Browse Spreaker Catalogue to discover great new content

Current

Looks like you don't have any episodes in your queue

Browse Spreaker Catalogue to discover great new content

Next Up

Episode Cover Episode Cover

It's so quiet here...

Time to discover new episodes!

Discover
Your Library
Search