Settings
Light Theme
Dark Theme
Podcast Cover

#KennersPraat

  • Die effek van skermtyd

    29 MAR 2022 · In dié episode delf Rika Nieuwoudt en dr. Hercules Boshoff, dosent in Filosofie en Besigheidsetiek, op ʼn meer filosofiese wyse in die tema van skermtyd in.
    8m 56s
  • Is Afrikaans ʼn inheemse taal?

    28 MAR 2022 · Dr. Annelise de Vries, dosent in Afrikaans Huistaal-onderwys en Afrikaans as Taal van Onderrig en Leer aan Akademia, beantwoord die vraag uit die taalwetenskap.
    13m 19s
  • Hoe bedreig die voorgestelde wetswysiging moedertaalonderrig?

    28 MAR 2022 · In dié episode van #KennersPraat, word die tema oor die bedreiging van moedertaalonderrig in Suid-Afrikaanse skole bespreek. Prof. Gawie du Toit, dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde, gee meer insig oor wat die impak sal wees van die voorgestelde wysiging aan ons skolewet.
    10m 47s
  • Die begrotingsrede

    28 MAR 2022 · Nikki Kennedy, dosent in Bestuursrekeningkunde en Belasting, lig die direkte impak uit wat die nuwe staatsbegroting op die individu het.
    10m 41s
  • Die gebrek aan moedertaalonderrig kos Suid-Afrika geld

    28 MAR 2022 · In hierdie episode van #KennersPraat, Akademia se podsendingsreeks, is die fokus op #Moedertaalmaand wat in Februarie gevier word. Karien Brits, taalpraktisyn en deeltydse dosent in Sepedi, praat oor die negatiewe effek van die gebrek aan moedertaalonderrig op ons jeug asook die ekonomie.
    12m 32s
  • Wat is die proses en belangrikheid om ʼn nuwe hoofregter aan te stel?

    28 MAR 2022 · Stephen Nel, dosent in Regsgeleerdheid, verduidelik alles wat ons moet weet oor die proses en die verwikkelinge om ʼn nuwe hoofregter aan te wys. Stephen vertel ook hoekom dit vir my en jou belangrik is om te weet wat in ons howe aangaan.
    13m 8s
  • Gesprekke oor Rusland en Oekraine

    28 MAR 2022 · In die episode praat prof. Pieter Duvenage, dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe, met Rika Nieuwoudt oor die gespanne politieke situasie tussen Rusland en die Oekraïne. Prof. Duvenage verduidelik ook wat die moontlike impak op Suid-Afrika sal wees indien die situasie vererger.
    11m 45s
  • Het jy al oor die veiligheid van jou persoonlike data wat jy aanlyn stoor of deel gewonder?

    28 MAR 2022 · Het jy al aan iets gedink en die volgende oomblik verskyn ʼn advertensie daarvan op jou slimfoon? Jaco-Louis Kruger, stelselontwikkelaar by Akademia, verduidelik in die nuutste episode van #KennersPraat hoe jy jou aanlyn data beter kan beskerm.
    11m 48s
  • Hoe word kriptogeldeenhede belas?

    28 MAR 2022 · Het jy al ooit gewonder hoe word kriptogeldeenhede soos bv. Bitcoin belas? Michelle Coetzee, vakhoof aan Akademia vir Belasting en Ouditkunde, brei uit oor die groeiende geldeenheid en hoe dit in Suid-Afrika belas word.
    8m 8s
  • Wat jy moet weet van Swart Vrydag

    24 MAR 2022 · Dr. Salomien Boshoff, vakhoof en dosent van Ondernemingsbestuur aan Akademia, brei uit oor die oorsprong van Swart Vrydag. Dr. Boshoff gee praktiese raad vir ondernemings asook verbruikers rakende die groot inkopiedag.
    10m 36s

#KennersPraat is Akademia se eie podsendingsreeks waar kenners vanuit ons eie geledere gesels oor temas waaroor ons almal wonder, of dit iets is wat jy in die nuus gehoor het...

show more
#KennersPraat is Akademia se eie podsendingsreeks waar kenners vanuit ons eie geledere gesels oor temas waaroor ons almal wonder, of dit iets is wat jy in die nuus gehoor het of ʼn vraag waarmee jy nog altyd worstel.
show less
Contacts
Information
Author Minette Snyman
Categories News
Website -
Email minettes@akademia.ac.za

Looks like you don't have any active episode

Browse Spreaker Catalogue to discover great new content

Current

Looks like you don't have any episodes in your queue

Browse Spreaker Catalogue to discover great new content

Next Up

Episode Cover Episode Cover

It's so quiet here...

Time to discover new episodes!

Discover
Your Library
Search