Support the Podcast
Contacts
Info
Kom luister na al ons dienste!
Support the Podcast
Episodes & Posts
Episodes
Posts
9 NOV 2026 · KOM EN RUS! Heerlik! Afskakel! Niks doen!
Of wat beteken dit in ons daaglikse lewe om te rus? Hoe rus 'n mens as gelowige? En waar pas werk dan in? Psalm 62 gee vir ons riglyne hoe om ons rus sinvol te maak! Sien jou Sondag in die kerk of in die kuberruimte!
Groete Michiel Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
2 NOV 2026 · Stel jou voor jy word deur ‘n baie belangrike persoon genooi vir ‘n groot fees. Jy is opgewonde, sien met blydskap daarna uit en weet sommer dit gaan jou lewe onherroeplik verander!
Ons begin Sondag met ‘n nuwe reeks met die tema: die potensiaal van ‘n uitnodiging! Die lewe in God se koninkryk word met ’n huweliksfees vergelyk waar daar oorvloed en vreugde is. Die wondelike is dat ons elkeen uitgenooi is! Die verrassende is dat almal ongeag wie hulle is, ook uitgenooi is!
Hoe gesels oor hoe kan ons as genooides God se gasvryheid en uitnodiging uitleef teenoor alle mense sodat God se fees vol kan word en mense hierdie feeslewe en vreugde saam kan beleef?!
Sien jou Sondag op die terrein of digitaal. Nooi iemand saam.
Riviera-Jakaranda groete.
Frikkie Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
26 OCT 2026 · Ons name is op die naamlys van Jesus se gaste! Dis genade! Ons vier dit Sondag op Hervomingsondag wanneer ons aansit aan die nagmaaltafel. Wat hou hierdie gasvryheid van Jesus vir ons in rakende ons voorregte en verantwoordelikhede? Johannes 13:1 - 17 help ons hiermee. Welkom!
Groete
Michiel! Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
19 OCT 2026 · Ons is besig met ons reeks, Beleef God se gasvrye hart!
Sondag kom kuier HospiVisie by ons en vertel van die wonderlike bedieningswerk wat in hospitale gedoen word. Tessa de Bruin bring vir ons ’n boodskap oor gasvryheid en genesing met die tema: Deel in God se genesing!
Die avontuur van die goeie nuus is dat God ons innooi en deel maak van sy werk in die gemeenskap. Kom hoor wat God doen en hoe jy deel daarvan kan wees.
Sien jou Sondag op die terrein of digitaal. Nooi mense saam! Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
12 OCT 2026 · Sondag vier ons die gemeente se 84ste verjaardag! Ons loof en dank die Here vir soveel jare se goedheid, voorsiening en voorreg om diensbaar te kon wees in die koninkryk!
Die gemeente was groeiend en dinamies vir ‘n spesifieke era. Ons is nou in ‘n nuwe seisoen in ‘n veranderende en diverse gemeenskap. Die Here wil ‘n vars en nuwe werk doen en nooi ons om deel van hierdie lewegewende werk te wees.
Ons gesels Sondag oor hoe ons elkeen deel van God se nuwe avontuur vir die gemeente in ons gemeenskap kan wees en hoe ‘n nuwe hoofstuk van opwindende diens in die koninkryk geskryf kan word onder leiding van die Heilige Gees!
Kom vier saam fees en wees deel van God se nuwe werk! Nooi iemand saam.
Riviera-Jakaranda groete.
Frikkie Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
5 OCT 2026 · Kan jy jou voorstel jy ontvang ‘n engel as gas? Wat ‘n opwindende gedagte! Ons skop Sondag af met ‘n nuwe reeks: Beleef die gasvrye hart van God met die tema: Engele as gaste!
In ons geskiedenis speel gasvryheid ‘n belangrike rol: besoekers of vreemdelinge is graag gasvry ontvang. Daar was selfs ‘n oop plek gedek aan die tafel vir ingeval iemand opdaag.
In die Bybel kom gasvryheid uit die hart van God. Christene word opgeroep om mekaar lief te hê, maar ook om vreemdelinge gasvry te ontvang! Dan die verrassing: deur dit te doen ontvang ons sonder dat ons dit besef, engele as gaste! Ons kyk na ‘n verrassende gedeeltes uit die Bybel daaroor.
Kom deel Sondag in hierdie avontuur! Nooi iemand saam.
Riviera-Jakaranda groete.
Frikkie Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
28 SEP 2026 · Ons aanvaar baie keer die lewe as vanselfsprekend… Soms kom ons in situasies wat ons besef dat die lewe en dood verbasend naby aan mekaar is. Dan ontdek ons dat die lewe ‘n geskenk van God is en dat dit baie kosbaar is!
Wanneer hierdie besef deurdring tot ons, wil ons volkome vir die Here leef en sy teenwoordigheid elke dag ontdek. Dan het ons die troos dat Here ook by ons in ons dood teenwoordig is! Ons hele lewe word dan omsluit deur God se teenwoordigheid en ons kan voluit vir die Here lewe!
Kom ontdek saam dat God teenwoordig is in ons hele lewe! Nooi iemand saam.
Riviera-Jakaranda groete.
Frikkie Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
22 SEP 2026 · Kinders van God kry ook soms seer – op baie meer maniere as net fisiese beserings. Dan wonder ons dikwels oor die doel daarvan, veral as genesing nie na wense plaasvind nie. Ons mag dan selfs wonder oor waar God in hierdie stukkie lewensverhaal van ons is. Sondag dink ons na oor die wonder van wonde aan die hand van Jeremia 15:10-21. Ons deel ook in 'n ware verhaal van genesing waar meer as een tipe wond ter sprake was.
Daar word nagmaal by Seniortuis bedien.
Groete
Michiel Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
14 SEP 2026 · Sondag praat ons verder oor ons reeks: Ontdek God in die gewone! Ons dink oor God se teenwoordigheid baie keer as ernstig en self kwaai!
Kom ontdek God saam in die gewone van lag en speel! Herontdek weer die vreugde van die lewe midde van die uitdagings wat ons daagliks beleef...
Sien jou Sondag en nooi iemand saam!
Riviera-Jakaranda groete.
Frikkie Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
7 SEP 2026 · Sondag se tema is kos en etes in die Bybel. Ons fokus veral op hoe Jesus etes gereeld gebruik het as geleenthede vir opbouende tafelgesprekke.
Om Hom hierin na te volg, kan 'n verrassende positiewe invloed in ons lewens hê. Ons praat oor eenvoudige maar nogtans effektiewe maniere om dit te doen.
Groete
Hannes Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support.
Join “Riviera-Jakaranda Gemeente” Supporters Club
Start supporting this podcast and become part of their community.
Kom luister na al ons dienste!
Information
| Author | Riviera-Jakaranda |
| Organization | CJ |
| Categories | Christianity |
| Website | rivierajakaranda.org.za |
| admin@rivierajakaranda.org.za |
Copyright 2026 - Spreaker Inc. an iHeartMedia Company